Wie is ons ?
Riverview Primêr is 'n openbare Artikel 21-skool wat bedryf word volgens die SA Skolewet en KABV-kurrikulum. Die skool het in 1948 as Witblokke NGK Laerskool begin met twee klaskamers, gebou deur die NG Kerk vir die nuwe Riverview-woonbuurt. Na uitbreidings in 1966 is die skool in 2001 aan die staat verkoop en herdoop. Die skool bedien een van Worcester se armste gemeenskappe waar 85% van ouers werkloos is, maar bly 'n sentrale, veilige leer- en gemeenskapsentrum ten spyte van ons omstandighede strewe ons altyd om sleg die beste vir ons gemeenskap te lewer .

